Posts

Rainbow’s End se Boetiek Wyne steel Lydenburg harte

Rainbow's End Wyne

Cobie en Dr Jan Steinberg, Petrus en Sian Steinberg geniet hierdie Rainbow’s End wynproe met oorgawe

Rainbow’s End se wynmaker, Anton Malan, al die pad van Helshoogte in Stellenbosch, om Lydenburgers aan sy boetiek-wyne bekend te stel.

Bacchus sou nogal tuis gevoel het by Lydenburg Wyngilde se 16 Augustus-proe, by Café Crust.

Andre du Preez , charismatiese eienaar van Cafe Crust, moedig Madelyn en Willem Pretorius entoesiasties aan

Andre du Preez , charismatiese eienaar van Cafe Crust, moedig Madelyn en Willem Pretorius entoesiasties aan

Nie net was daar ‘n rekordgetal wyn-entoesiaste nie (skuins duskant 40!), maar wynmaker Anton Malan het al die pad van die Kaap af gekom om sy handgemaakte Rainbow’s End-wyne te laat proe.

Met die Jonkershoekberge van agter en die gesogte Banghoekvalei van voor, is Rainbow’s End nie net skouspelagtig geleë nie, maar ook in vrugbare wingerdgrond.

Wynmaker Anton Malan skink vir Madelein en Cobus Buitendag n glasie van sy spesiale Rainbow's End Mystical Corner.

Wynmaker Anton Malan skink vir Madelein en Cobus Buitendag n glasie van sy spesiale Rainbow’s End Mystical Corner.

Die Kapenaars wat weet, sal jou vertel dat jy hier van die beste Cabernet Franc kan aanskaf – ‘n kultivar wat min wynmakers as enkelversnit aandurf.

Maar dit was die 2016 Merlot wat die Lydenburgers onkant gevang het – verrassend, gelaai met pruim en bessiegeure, gekies as Wyn van die aand.

Maar dan was dit ook net ‘n kortkop agter die 2016 Cabernet Sauvignon…

As beste waarde vir geld-keuse, was Rainbow’s End se Mystical Corner-versnit teen R70 per bottel,  ‘n maklike keuse.

En o-ja, wat Bacchus ook sou geniet het, was Crust se uitbundige voorgereg, gevolg deur Osso Bucco en ‘n gevaarlike Tiramisu-nagereg.

Voorwaar ‘n heerlike aand met gawe mense en gawe wyne!

Wyngilde president Jakkie Swanepoel besing Bacchus se nektar

Wyngilde president Jakkie Swanepoel besing Bacchus se nektar

Die volgende wynproe-datum is Donderdag 20 September, wanneer dr Peet Visser Franse Bordeaux-wyne gaan beproe.

Whatsapp Gerda Whitehorn op 079 515 7799 as jy wil deel in die pret.